081 040 9220

info@shalomakademie.co.za

Welkom by Shalom Akademie


’n Christelike, privaatskool waar elke leerder aangemoedig word om akademies, sportief, kultureel en geestelik te groei.

Christusgesentreerde Onderwys

By Shalom Akademie glo ons dat ware onderwys verder strek as akademiese kennis. Ons plaas Christus in die middelpunt van ons onderrig en streef daarna om leerders in geloof, karakter en wysheid te ontwikkel.

Akademiese Uitnemendheid

Ons bied onderrig van Graad R tot graad 12 in Afrikaans en volg die Nasionale Kurrikulum. Ons fokus daarop om elke leerder toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue om hul volle potensiaal te bereik.

Ontwikkel elke leerder se potensiaal

Ons skep ’n ondersteunende omgewing waarin elke leerder aangemoedig word om hul unieke talente te ontdek, hul vaardighede te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik. Ons begelei leerders om met selfvertroue, verantwoordelikheid en geloof hul toekoms tegemoet te gaan.

Shalom Akademie

’’n Skool waar elke leerder die geleentheid kry om te groei en uit te blink

Shalom Akademie bied klassikale onderrig in Afrikaans en volg die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV). Ons streef daarna om ’n sterk akademiese grondslag te bied binne ’n veilige, ondersteunende en stimulerende skoolomgewing.

Ons goed toegeruste skoolfasiliteite bestaan uit ’n administrasieblok, veertien klaskamers en ’n rekenaarlokaal. Die aangrensende sportveld word as speelgrond gebruik en bied uitstekende geleenthede vir sport en buitemuurse aktiwiteite.

’n Toegewyde personeelspan

Ons personeel bestaan uit sewentien onderwysers, ’n sekretaresse, finansiële beampte, terreinbestuurder en twee algemene werkers. Elke personeellid dra by tot die sukses van ons skool en deel ’n passie vir onderwys en ’n liefde vir kinders.

Aan die begin van 2025 het Shalom Akademie 129 leerders van Graad R tot matriek gehad. Ons groeiende skoolgemeenskap bied aan leerders ’n persoonlike en ondersteunende omgewing waarin hulle hul potensiaal kan ontwikkel.

Uitnemendheid in Matriek

Ons matriekleerders presteer jaarliks uitstekend. Shalom Akademie handhaaf met trots ’n 100% matriek-slaagsyfer, wat ons toewyding tot gehalte-onderrig en die sukses van ons leerders weerspieël.

5 September 2026

Shalom Akademie Kaleido-loop

Wegspring en eindpunt
by Shalom Sportgronde

Registrasie: 08:00
Wegspring: 09:00

🏃 5 KM – Stap/Draf
Kinders bo 4 jaar: R50
Volwassenes: R100
🏃 10 KM – Draf
R120 per persoon

🎁 Gelukkige trekking


Skool se bankbesonderhede:
Shalom Akademie
Standardbank Ladismith
280057687